Nagmaal - 28 Augustus 2022

Ons nooi jou uit na Sondag se Nagmaal om 09:30 in die kerk.
Ons gaan die 3de week van ons 40 dae reis binne met die tema: Johannes word gevorm op die pad.
Ons teks kom uit Markus 3.
Jy word hartlik uitgenooi na die Nagmaalsete om 12:00 in die Kobus Hattinghsaal.
Almal is welkom. Dit werk so:
Elke gesin bring 2 bykosse (groente of slaai), 'n vleisgereg en 'n nagereg.
Die kosse word alles op een tafel uitgepak en elkeen help homself met die opskep.
Jy bring jou eie eetgerei en drankies saam. Kom kuier heerlik saam. Aan die dames wat die tafels vir ons so mooi versier, 'n opregte dankie!


DEUROFFER: HOSPITAALBEARBEIDING

Hospitaal-bearbeiding vind plaas deur Hospivision. 'n Samewerkingsooreenkoms is met HospiVision, 'n nie-regeringsorganisasie, gesluit wat sedert 1999 in die hospitale van Pretoria leiding neem in die spirituele en emosionele versorging van pasiënte, hulle families en personeel. Indien pasiënte vanaf die platteland pastorale ondersteuning benodig in hospitale binne die Kaapse Metropool, moet Hospivision gekontak word. Die Diensgroep Diaconia het die webwerf (www.myhulp.co.za) ontwikkel om inligting te voorsien waar hulp oor 'n aantal onderwerpe rakende geestesgesondheid gevind kan word.
Hospivision | 021 931 0311 | wanda@hospivision.org.za
Medi-Clinic Durbanville asook Medi-Clinic Cape Gate | Dr Francois Swart | 082 781 6854 | francois@uitsigkerk.co.za
Administratiewe ondersteuning | Me Ria Koen | 021 957 7109


BYBELSTUDIE VIR MANS EN DAMES

Mansbybelstudie en Damesbybelstudie wat gewoonlik op Donderdae in die Kobus Hattinghsaal plaasvind gaan vir die duur van die 40 Dae reis nie plaasvind nie, sodat die lede kans kry om by kleingroepe in te skakel. Kontak gerus vir Pieter Landman vir die Mansbybelstudie en vir Elsa du Toit vir die Damesbybelstudie.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023