2022-09-25 - 2022-10-01 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Sinodale Jeugwerk (Deuroffer): Vader ons bely dat ons nie genoeg vir ons jeug doen nie. Ons leef in 'n tyd waar hulle ons leiding en ondersteuning baie nodig het. Help U ons om ons verantwoordelikheid teenoor hulle na te kom.
  2. Die kragkrisis in ons land. Gee U asseblief die insig aan bestuurders en leiers om hierdie ernstige probleem op te los. Ons vertrou op U om uitkoms.
  3. Die 40-dae reis wat die afgelope week voltooi is. Ons het U teenwoordigheid op hierdie reis aangevoel. Seën hulle wat met die reis voortgaan. Dankie dat ons deur die reis nader aan U en aan mekaar gekom het.


DANKIE:

  • Dat ons deur die reis geleer het wat ons roeping is.
  • Vir die reën in ons streek.
  • Dat ons, ons aan U sorg kan oorlaat. Ps 37:5 “Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom, Hy sal sorg”.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023