Erediens - 04 September 2022


Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk.
Ons gaan die 4de week van ons 40 dae reis binne met die tema: Ai, die onverwagse weerstand!
Ons teks kom uit Josua 7 en 8.
Na die erediens drink ons almal lekker saam koffie.


DEUROFFER: INSTITUUT VIR DOWES

Die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) is in 1881 deur die kerk tot stand gebring om vir Dowes taal te gee, sodat hulle ook die boodskap van Christus kan ontvang.
Die deuroffer vir die Nasionale Instituut vir Dowes word as volg aangewend:

  • Bejaardesorg vir Dowes in 'n versorgingseenheid op Worcester;
  • Residensiële versorging van volwasse Dowes met meervoudige gestremdhede (die enigste in Suid-Afrika en Afrika);
  • Beroepsopleiding aan Dowe studente;
  • Lewering van multi-dissiplinêre steundienste aan Dowes en persone met gehoorverlies;
  • Ondersteuning aan 2 gemeentes (die Dowe Familie Kerk, Worcester en die NGK De la Bat in Bellville) vir die geestelike versorging van Dowes.

(023) 342 5555 | nid@nid.org.za | www.nid.org.za


BYBELSTUDIE VIR MANS EN DAMES

Mansbybelstudie en Damesbybelstudie wat gewoonlik op Donderdae in die Kobus Hattinghsaal plaasvind gaan vir die duur van die 40 Dae reis nie plaasvind nie, sodat die lede kans kry om by kleingroepe in te skakel. Kontak gerus vir Pieter Landman vir die Mansbybelstudie en vir Elsa du Toit vir die Damesbybelstudie.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023