2022-11-13 - 2022-11-19 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Straatwerkers (Deuroffer): Vader hierdie kinders van U werk met hawelose mense wat aan die elemente oorgelwer is en dikwels nie kos het om te eet nie en tog ook 'n behoefte aan die Evangelie het. Ons bid dus vir die werkers wat moet sorg dat aan die haweloses se behoeftes voldoen word.
  2. Die beplanning van die Desember vakansie asook Basaar en 2023. Ons het U insig en wysheid nodig om reg te laat geskied aan die behoeftes van ons vakansiegangers maar ook ons gemeente se geestelike en finansiële behoeftes. Dankie dat ons in dié sake ook op U leiding kan staat maak.
  3. Die Matriekeksamen: Vele hindernisse werk negatief in op die eksamen; beurtkrag, onbegaanbare paaie en die stakings van Staatsamptenare. Ons gebed is dat die vak-unies die groter prentjie sal raaksien en nie slegs eie belang nie.


DANKIE:

  • Die voorbeeld wat Christus aan ons gestel het om ons naaste lief te hê en aan ander goed te doen.
  • Die Nagmaal waardeur ons geestelik versterk kon word.
  • Die Gemeenskap van gelowiges wat ons Sondag op 'n besondere wyse saam met medegelowiges kon ervaar.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023