Nagmaal - 06 November 2022

 


Vandag is die afsluiting van ons 10de Dankbaarheidsoffer insamelings. Ons vier saam nagmaal en het ook ons VGK Friemersheim bure uitgenooi na die Nagmaal. Ons sluit ons Dankbaarheidsofferfees af met 'n heerlike Bring & Braai vanaf 11:30 by die Kobus Hattingh-saal.


VOLGENDE SONDAG

Volgende Sondag is daar twee eredienste: 'n erediens om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal en om 09:30 in die kerkgebou.


DEUROFFER: VGK FRIEMERSHEIM

Outeniqualand het 'n geskiedenis van noue samewerking met VGK Friemersheim. Ons ondersteun graag hulle bediening en het deernis met die uitdagings waarmee hulle te doen het. Ons kerkraad en Diensgroep vir Getuienis het die afgelope jaar saam met hulle gekuier om ons verhouding met hulle te versterk. Deur verhoudings groei ons nader aan mekaar en leer ons mekaar ken en begrip kry vir elkeen se unieke omstandighede. Dankie vir die finansiële ondersteuning en gebede vir hierdie gemeente.


BYBELSTUDIE VIR MANS EN DAMES


Mansbybelstudie is Donderdae om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal. Kontak gerus vir Pieter Landman as jy wil aansluit.
Damesbybelstudie is Donderdae om 09:30 in die Kobus Hattinghsaal. As jy belangstel om aan te sluit of enige vrae het, kontak vir Elsa du Toit.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023