PRAGTIGE KWILT

 

Kaartjies word deur die stranddiensspan van Moreleta Park verkoop vir hierdie pragtige kwilt. Die kaartjies kos R50 en die fondse gaan vir Outeniqualand Getuenis Aksie se groot Sokkerdag in 2023.
Al wat jy moet doen is 'n eenvoudige vraag antwoord:
"Van watter gemeente kom die stranddiensspan?"
Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor of by die basaar op die 17de Desember by die Kobus Hattinghsaal. Die kaartjies sal aan die einde van die basaar getrek word en die wenner sal telefonies in kennis gestel word.
Dit is regtig 'n besonder mooi kwilt. Bederf jouself of 'n geliefde met hierdie pragtige geskenk.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023