2023-01-29 - 2023-02-04 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Diensgroep vir Vaste en Roerende Bates (Deuroffer): Vader ook ons bates behoort aan U en is maar net in ons sorg geplaas. Help U ons om ook dit wat U in ons sorg geplaas het, tot U eer te onderhou.
  2. Die kerkraad en hulle wat in die volgende weke vir Ds. Jan moet instaan. Rus U hulle toe vir hulle taak.
  3. Ons land: Vader besighede en boere ly verliese as gevolg van beurtkrag. Ons vetrou op U om uitkoms en versorging.
  4. Ds. Jan vir totale genesing na sy knie- operasies.


DANKIE:

  1. Dat U ons gemeente so seën met die bywoning van die eredienste, en ook sorg dat ons finansies besonder goed is. U genade is groot.
  2. Die herstel van hulle wat operasies ondergaan het en ook die wat siek was. Aan U die eer.
  3. Dat waar die seisoene besig is om te verander U hand steeds in alles sigbaar is.


Ons is dankbaar om te raporteer dat ds. Jan se operasie 'n sukses was. Dankie vir almal se gebede. Ons vra dat julle nie sal ophou bid nie, omdat die belangrike nasorg en gesond word proses nou voorlê. Ds. Jan is met siekverlof tot minstens 19 Februarie. Dr. Kobus Hattingh sal die sieke- en/of krisis-pastoraat hanteer.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023