SOEK JY 'N BEDIENING OM BY BETROKKE TE RAAK?

Ons nooi jou om as vrywilliger aan te meld en ons Sondae te help met:


INSAMELINGSBEDIENING:

Die opneem van die offers in die banke tydens die erediens en ook by die deure na die erediens. Die offers word tydens die diens opgeneem en by 'n deur na afloop van die diens. Jy kom haal die sakkies voor kerk in die konsistorie by Merinda. Jy hoef nie lank voor die diens by die kerk te wees nie.


KOFFIEBEDIENING:

Kom help met die voorbereidings en bedien van die koffie na afloop van die erediens. Jy meld 'n halfuur voor die ker k begin in die saal aan en help met die voorbereiding.
Al vereistes vir albei hierdie bedienings is:
1) Dat jy gewillig is
2) Dat jy opdaag en
3) Dat jy jou glimlag saambring.
Ons stel vroegtydig 'n rooster op sodat jy presies weet op watter Sondag jy aan diens is. Dit is 1 diensbeurt elke maand of dalk elke 2 maande, afhangende van hoeveel mense aanmeld.


Whatsapp vir Merinda indien jy kan help met die insamelingsbediening en vir Karien indien jy kan help by die koffiebediening.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023