Erediens - 26 Februarie 2023

 

Hierdie Sondag se erediens is om 09:30 in die kerk.
Ons is baie bly om ds. Jan hierdie Sondag weer op die kansel te verwelkom.
Alhoewel hy nog met siekverlof is tot 6 Maart is, mis hy die Outeniqualanders so dat hy die preek wil waarneem.
Kom drink lekker koffie saam met ons in die kerksaal na afloop van die erediens.


VOLGENDE SONDAG

Volgende Sondag is daar 'n Gemeenskapsdiens om 09:30 in die kerk.

Sondag 12 Maart is daar twee eredienste:

  • 08:00 in die Kobus Hattingh-saal
  • 'n Gesinsdiens om 09:30 in die Kerkgebou



DEUROFFER: HERBERG KINDERHUIS

Die Herberg Kinderhuis op Robertson is ‘n program van BADISA. Die kinderhuis huisves 122 sorgbehoewende kinders uit die Wes-en Suid-Kaap. Kinders se ouderdom wissel van baba tot 18 jaar oud. Redes vir opname is verwaarlosing, mishandeling, molestering en geen bestaansmiddele.
Die kinderhuis se begroting beloop R11 miljoen per jaar. Met stygende petrolpryse, kos- en kragpryse is die Kinderhuis onder groot finansiële druk vir die volgehoue versorging van ons kinders.
Ons is baie afhanklik van gemeents en individue se bydraes. Ons is die enigste BADISA KINDERHUIS vanaf Worcester tot Plettenbergbaai en bedien ‘n baie groot area. Ons ontvang slegs 48% van ons begroting van die staat en die res moet ons self invorder. Dankie vir die verskil wat u in ons kinders se lewe maak. Ons waardeer elkeen se bydrae ongelooflik baie.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023