Erediens - 02 April 2023

Ons nooi jou uit na Sondag 2 April se erediens om 09:30 in die kerk.
Dit is ook die begin van ons Groot Lydensweek Meditasiedienste om 18:30 in die kerk.
Kom word saam met ons stil voor die 7 kruiswoorde van Jesus!
Kom drink lekker koffie in die kerksaal na afloop van die oggend se erediens.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi op Sondag 9 April na die diens om 08:00 op Glentana strand en die erediens om 09:30 in die Kerkgebou. Kom drink lekker koffie in die kerksaal na afloop van die erediens.


INTERESSANTE FEIT

Verlede jaar op 3 April 2022 is die eerste diens in die kerk gehou vandat kerkdienste op 22 Maart 2020 opgeskort is a.g.v. Covid!
Outeniqualand kon, deur genade, geestelike sterk staan deur hierdie tyd met ons inrydienste by die dam agter die kerk.
Nou waardeer ons die voorreg om weer die gees van familie in die kerk te ervaar sonder inperkings.
Alle dank aan ons Vader!


DEUROFFER: BADISA (Sinodaal)

Badisa is die welsynsorganisasie van die NG Kerk in SA (Wes-Kaapland) en die VG Kerk (Kaapland) wat professionele maatskaplike dienste lewer aan mense in nood, ongeag hul ras, geslag of geloof
Die fokusareas van die organisasie is kinders en gesinne, ouer persone, persone met gestremdhede, asook persone met middel-afhanklikheid asook die bevordering van vroeë kindontwikkeling d.m.v. die Little Seeds program.
Badisa skep werk vir 3 100 personeellede. Die personeel is Badisa se grootste bate en ons het die verantwoordelikheid om hulle toe te rus, te beskerm en te ondersteun om hul werk ten beste uit te voer. Ons personeel is geroepe om diensbaar te wees en ons kan getuig van 'n personeelkorps wat elke dag hulle taak met liefde en deernis aanpak.
Badisa se gekonsolideerde omset per jaar is R560 miljoen. Die hoof inkomste is die losies- en huurgelde by ons residensiële fasiliteite, asook die subsidie van die staat. Badisa is self verantwoordelike om 15% (R83 miljoen) van die totale omset deur middel van fondswerwing te genereer.
Die programme steun dus baie om die betrokkenheid van gemeentes om hul lidmate te mobiliseer om hul kundigheid, tyd en geld te gee om ons programme se volhoubaarheid te verseker.
Webwerf: https://badisa.org.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023