Paassangdiens - 23 April 2023

 


Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 23 April se jaarlikse Paassangdiens om 09:30 in die Kerkgebou.
Moenie dit mis nie. Die koor het hard geoefen vir hierdie spesiale geleentheid.
Kom drink lekker koffie en eet paasbolletjies (hot cross buns) saam met ons na afloop van die erediens in die kerksaal.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na die erediens om 09:30 in die Kerkgebou.
Daar sal geen koffie na die diens bedien word nie.


DEUROFFER: BEDIENING AAN DOWES (Sinodaal)

Ons begunstigdes by NID is persone met verskeie grade van gehoorverlies, en sommige ook met addisionele meervoudige gestremdhede.
Ons visie is om noodsaaklike kwaliteit-dienste aan hulle te lewer sodat hulle ook hulle volle potensiaal kan ontwikkel en bereik. Hier word Dowes ook met God se Woord bedien in hulle eie taal – Gebaretaal.
Hoe kosbaar is dit nie! God se genade is darem maar groot!
Ons deel graag meer van NID in die onderstaande video's wat op YouTube beskikbaar is.
'This is the NID!' - featuring Elandré: https://youtu.be/-IFwmuxerg0
NID Overview: https://youtu.be/FFZClk1BObQ
Sign Supported Worship Songs:
https://youtube.com/playlist?list=PLli2RoCsM9kGLrSt4sJX0bGKtIkVCWhF7
SA Sign Language Worship Songs:
https://youtube.com/playlist?list=PLli2RoCsM9kEVcqkEF2TEJUeD4I9qmu2C


 

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023