21-05-2023 - 27-05-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Pinkster in ons gemeente: Vader seën U die dienste en maak ons bewus van Die Heilige Gees. Rus U ds. Jan toe as prediker en boodskapdraer.
  2. Bybelgenootskap (Deuroffer): Die Bybelgenootskap doen besondere werk in ons land deur die Bybel in alle tale te vertaal en die Bybel te versprei. Seën U elkeen wat betrokke is met die vertalings en hulle wat die Bybel versprei.
  3. Nuwe Moderamen van die Kaapse Sinode: Dankie vir hulle wat beskikbaar is. Rus U hulle toe vir die taak.
  4. Ons Land en sy leiers: Die land struikel van een krisis na die volgende en die ekonomie ly daaronder. Vader U bly ons enigste hoop!


DANKIE:

  1. Vir die Heilige Gees: Pinkster maak ons weer bewus van u Gees. Dankie dat u Gees steeds onder ons woon en ons trooster is.
  2. Die Kerk wat steeds getrou Hemelvaart herdenk.
  3. Vir Kerkleiers wat hulleself tot U beskikking stel om leiding te neem.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023