28-05-2023 - 03-06-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Pinkster: Vader dat U asseblief die gees van Pinkster in ons gemeente sal voortsit.
  2. Paarlskool vir Gestremdes (deuroffer): Hierdie spesiale kinders het 'n agterstand in die lewe, maar met U hulp en ons bydraes kan dit oorkom word.
  3. Die Cholera uitbreking: Hierdie epidemie is 'n bedreiging vir hulle wat reeds swaar kry. Ons bid dat U sal intree en hulle wat verantwoordelik is om hulp te verleen sal toerus met kundigheid en middele.
  4. Nagmaal: Na 'n week van Pinkster is ons gereed om die Sakrament van die Nagmaal te gebruik, en so ons verhouding met U te verinnig.


DANKIE:

  1. Dat U ons geroep het om 'n verskil te maak in 'n land waar so baie dinge verkeerd is.
  2. Vir die goeie reën in ons streek en ook die droogte geteisterde Oos-Kaap. Ons bid steeds vir reën in die opvanggebiede van die damme wat nog leeg is.
  3. Vir Pinkster en die geestelike herlewing wat ons in ons gemeente ervaar.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023