BASAARLYSTE: WINTERKERMIS

Die afgelope paar jaar het ons Winterkermis weens COVID en ander redes, wegbeweeg van ‘n tradisionele vleisbasaar. Ons kon met groot dankbaarheid teenoor die Here ons begrote inkomste behaal deur bydraes in die vorm van kontant en lewende hawe.
Vanjaar het ons R300 000 begroot as basaarinkomste. Ons vertrou dat die Here, soos die afgelope 3 jaar, op sy unieke manier sal voorsien om hierdie inkomste te kan insamel. Ons gebruik nie meer Dienswerkers om met die Basaarlyste rond te beweeg nie. Ons stuur die basaarlyste elektronies uit.
Let daarop dat ons slegs kontant (al die verskillende opsies verskyn in die tweede kolom hieronder) en lewende hawe kan ontvang as bydraes.
Ons het egter kennis geneem van lidmate wat na die basaar atmosfeer en sosiale interaksie met die breër gemeenskap verlang. Hier kom die goeie nuus: Ons bied op Saterdag 2 September 2023 ‘n beesloop aan. Ons gaan heerlik saamkuier as gemeenskap. Meer inligting sal later deurgegee word.
Die basaarlyste is die afgelope week ge-epos. Ons winterbasaar gaan soos in die afgelope 3 jaar slegs 'n kontant en vee basaar wees. Die basaarlyste is reeds per epos uitgestuur. Die lyste moet teen einde Junie 2023 ingehandig word.
Kontak die kerkkantoor indien jy nog nie 'n basaarlys ontvang het nie.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023