DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL - MySchool

Sluit aan by MySchool om op 'n "geen moeite" manier fondse te genereer vir Diepkloof Kleuterskool.
Lees hieronder hoe jy te werk kan gaan:
MySchool MyVillage MyPlanet is 'n gratis kaart waarmee jy kan help om fondse te genereer vir Diepkloof Kleuterskool. Jy registreer deur die MySchool Toepassing op jou foon af te laai of op hulle webblad op die rekenaar. Vul die besonderhede in en kies Diepkloof Kleuterskool as jou begunstigde. Vir alle aankope wat jy dan by Woolworths of Engen doen, word 'n persentasie van jou aankope maandeliks direk in Diepkloof Kleuterskool se rekening inbetaal – so maklik soos dit!
Ons het tans slegs 28 lede – kom ons probeer om dit teen die einde van Junie op te skuif na ten minste 50!
Al wat jy moet doen is registreer, jou normale aankope te doen by Woolies of Engen en sodoende het jy fondse ingesamel vir Diepkloof Kleuterskool!

Kontak gerus vir Bernice indien jy hulp nodig het met die registrasie.


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023