Gesinsdiens - 07 Mei 2023

 

Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 7 Mei se gesinsdiens om 09:30 in die Kerkgebou.
Kom jubel saam oor die Here se goedheid en kuier na die tyd saam rondom 'n koppie koffie of tee.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 14 Mei se eredienste om 08:00 by die Kobus Hattinghsaal en 09:30 in die Kerkgebou.


DEUROFFER: MAGDALENA HUIS

Magdalenahuis Beradingsentrum het op 10 Oktober 1902 tot stand gekom en was 'n inisiatief van die NG Kerk. Magdalenahuis fokus op drie diensterreine: swangerskapberading, aanneming en herkomsfasilitering. In September 2014 neem Magdalenahuis dan ook die geloofstap om weens die oorweldigende nood en behoefte aan hulp, die inwoningskomponent om te skakel na 'n ondersteunings/ontwikkelingsprogram in hoë risiko gemeenskappe. Die Isiqualo Program (New Beginnings) fokus steeds daarop om hierdie weerlose swanger vroue en hul ongebore babas in nood by te staan en te ondersteun. Met dieselfde visie “Uit liefde help ons heelmaak” onderskryf ons die filosofie van die Eerste 1000 dae, met die uitkoms dat gesonde kinders lei tot 'n gesonde samelewing. Dankie aan gemeentes wat deur die jare met hul deuroffers Magdalenahuis in staat stel om volhoubaar 'n verskil te maak in die lewens van weerlose swanger vroue, kinderlose egpare, asook babas en kinders.
Webwerf: https://magdalena.org.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023