Erediens - 14 Mei 2023

 


Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 14 Mei se eredienste om 08:00 by die Kobus Hattingh-saal en 09:30 in die Kerkgebou.
Daar is hierdie Sondag geen koffie na die erediens nie.
Daar is direk na die erediens, in die kerk, 'n vergadering vir al die golfspelers in Outeniqualand.
(Geen voorgee vereiste. As jy al golf gespeel het, is jy welkom. Dit geld ook vir die dames in Outeniqualand wat golf speel.)


HEMELVAART

Kom vier Jesus se Hemelvaart saam met ons op Donderdag 18 Mei om 18:00 in die kerk!




PINKSTER 2023

Kom deel in die jubelvreugde van Pinkster.
Jy word uitgenooi na Sondag 21 Mei se erediens om 09:30 in die kerkgebou.
Dit is ook die afskop van ons Pinksterreeks. Die Pinksterdienste is vanaf Sondag tot Donderdag om 18:00 in die Kobus Hattinghsaal.
Kom kuier na die Pinksterdienste heerlik saam oor 'n heerlike koppie sop en broodjies.





WAT VAN 'N LEKKER POT SOP?

Die Pinksterdienste begin Sondag 21 Mei om 18:00 in die Kobus Hattinghsaal en hou aan tot Donderdag 25 Junie.
Ons bederf graag ons Outeniqualanders met 'n lekker koppie sop en broodjies na elke Pinksterdiens. Ons benodig elke aand 6 of 7 potte sop (12 tot 20 koppies per pot).
As jy 'n lekker pot sop vir ons kan maak vir een van die aande, kontak Merinda by die kerkkantoor by.


DEUROFFER: GEMEENTE BEDIENING (Sinodaal)

Hierdie bediening word ook “Gemeentebegeleiding” genoem. Dié diensgroep is die fasiliteerders van die NGK in SA. Hulle word gevra om te kom help as kerkrade en predikante begeleiding nodig het met 'n verskeidenheid van situasies. Meestal is dit vanuit ‘n probleem gebore, maar soms is daar ook pro-aktiewe prosesse wat gemeentes help om nuut te dink oor hulle aanbod in die dorp of buurt of voorstad. Hulle begelei gemeentes in geloofsonderskeidende prosesse om hulle roeping te ontdek in die gemeenskap waar die Here hulle geplaas het en om die verskillende aspekte van hulle bediening in lyn daarmee aan te pas en te vernuwe.
Die diensgroep lei begeleiers op en ontwikkel prosesse en materiaal wat gemeentes help om hierdie ontdekkings van hulle roeping te maak. Hulle finansier die begeleiers sodat dit nie 'n las op die gemeente is wat begelei wil word nie. Die deuroffer help die diensgroep om dit te kan doen.
Ds. André Agenbag
Webwerf: https://communitas.co.za


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023