Erediens - 21 Mei 2023


Jy word uitgenooi na Sondag 21 Mei se erediens om 09:30 in die kerkgebou.
Dit is ook die afskop van ons Pinksterreeks.
Die Pinksterdienste vind plaas vanaf Sondag tot Donderdag om 18:00 in die Kobus Hattinghsaal.
Kom kuier na die Pinksterdienste heerlik saam oor 'n heerlike koppie sop en broodjies.
Sondagoggend drink ons lekker koffie in die kerksaal na afloop van die erediens.


PINKSTER 2023

BAIE DANKIE VIR DIE SOP

Baie dankie aan al die dames wat gaan sorg vir heerlike sop en broodjies tydens Pinkster.
Hulle staan reg met 32 potte sop en 31 brode se toebroodjies, vetkoeke ens.


DEUROFFER: BYBELGENOOTSKAP

Die Here het ons in staat gestel om in al 11 amptelike tale Bybels te kon vertaal en in meeste tale is daar hersienings en tweede vertalings gewees. Die NG Kerk het vanaf die stigting van die Bybelgenootskap in 1820 'n baie belangrike rol te speel om vir die res van die land, met sy verskillende kulture en tale 'n eie Bybel te kon gee.
Soos dit met gemeentes in dié tyd swaar gaan, gaan dit in die Bybelgenootskap wat 'n donateur gebaseerde organisasie is ook maar moeilik. Die Covid-19 het veroorsaak dat ons geen inkomste deur deurkollektes ontvang het nie en die meeste gemeentes het nie deurkollektes met die vorige Pinkster gehad nie. Gelukkig is dit 'n nuwe jaar en het ons volle verwagting in die Here se genade sodat Hy vir ons in 2023 weer sal voorsien sodat ons vol sterkte kan voortgaan met ons belangrike taak om die Woord so wyd moontlik te versprei.
Dr. Quintus Heine (Streekhoof Wes-Kaap)
Webwerf: www. Bybelgenootskap.co.za


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023