04-06-2023 - 10-06-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Ekologie: Die grond is heilig, onderhou die mense, beskerm die mens en sorg vir die mense. Bid vir hierdie kosbare erfenis.
  2. Finansies van die Gemeente: Die Gemeente en die Here het ons bydraes nodig. Kom ons gebruik die winterbasaar om ons verpligtinge teenoor die Vader na te kom.
  3. Sinodale Arbeidsbediening: Die fondse word gebruik vir Christelike opheffing, pastoralesorg en traumaberading aan mense in die arbeidsektor. Ons bid vir hulle wat 'n diens in die bediening lewer maar ook vir hulle wat deel is van die programme.


DANKIE:

  1. Vir die bydrae wat ons Gemeente tot die verspreiding van die Bybel kon lewer. Ons bid dat die Bybels mense nader aan Christus sal bring. Ps. 1:1,2 "Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van die goddeloses volg nie, nie met sondaars en ligsinniges saamspan nie, maar in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink."
  2. Vir die Nagmaal wat ons weer nader aan U gebring het.
  3. Dat ons in hierdie Pinskter onsself weer kon ontdek en kon leer dat daar vir elkeen van ons plek in U koninkryk is en dat elkeen vir U kosbaar is.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023