11-06-2023 - 17-06-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Outeniqualand se eie Diensgroep vir Getuienis: Vader ons bid vir die werk wat hierdie Diensgroep doen, binne ons gemeente, Friemersheim maar ook so vêr as Namibië. Mag hierdie werk geseën wees en die nodige finansiële ondersteuning kry.
  2. Biddag vir Jeug en Kategese: Ons bid op hierdie dag vir ons jeug wat soveel uitdagings te bowe moet kom maar ook vir die leiding wat hulle van ons Vonk- leiers ontvang.
  3. Die Afrika - Vredesending na die Oekraine en Rusland. Hierdie oorlog is besig om menselewens en lande se infrastruktuur te vernietig maar ook skade aan die wêreldekonomie te bring. Ons bid U seën toe op hierdie sending en glo dat niks by U onmoontlik is nie.
  4. Beoogde Wetgewing wat arbeid-kwotas en watervoorsiening aan boere raak: Dit kan skade aan voedselvoorsiening en verhoudings nadelig beïnvloed. Bid vir redelikheid by die parlement en dat U U oor ons volk sal ontferm.


DANKIE:

  1. Vir hulle wat gewillig is om deur hulle getuienis 'n verskil in mense se lewens en omstandighede te maak.
  2. Vir mense wat by die jeug betrokke is en 'n voorbeeld stel wat nagevolg kan word.
  3. Vir talentvolle musikante wat hulle talente met ons deel.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023