18-06-2023 - 24-06-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Vadersdag: Ons bid vir die vaders in ons gemeente. Rus U hulle toe vir hulle groot verantwoordelikheid om hulle gesinne met liefde geduld en deernis te versorg en na Jesus te lei.
  2. Die Instituut vir blindes. Die Instituut poog om blindes en swaksiendes toe te rus om 'n normale lewe in die samelewing te kan lei. Help U asseblief die opvoeders en versorgers om die gestremdes na 'n normale lewe te lei en ook geestelik toe te rus.
  3. Armes en haweloses: In die koue winter waar die mense baie moet ontbeer. Ons bid dat ons wat het die nood sal raaksien en 'n helpende hand sal uitsteek.
  4. Ds. Jan en sy gesin wat met verlof gaan: Vader wil U hulle beskerm en geestelik versterk vir hulle taak in die gemeente. Ons bid ook vir ds. Basie, ds. Kobus van Zyl en ds. Almo Zietsman wat sal waarneem en dr. Kobus wat pastoraal sal instaan. Rus U hulle toe vir die taak.


DANKIE:

  1. Vir vaders wat hulle doopbelofte nakom en die geestelike leiers in die gesinne is.
  2. Dat U steeds in beheer van ons land is te midde van negatiewe wetgewing, misdaad, moord, ens. Vader al hierdie dinge wil ons oorweldig maar ons vind steeds ons hoop en krag by U.
  3. Vir versorgers, ontfermers en hulle met empatie wat die nood in die samelewing raaksien en 'n verskil maak.

 

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023