25-06-2023 - 01-07-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Ramot (Deuroffer): Die pasiënte wat hier ongeneem word het 'n dwelm of drank probleem en het ons voorbidding en finansiële ondersteuning baie nodig. Ons dink ook in ons voorbidding aan die beraders wat hulle bystaan.
  2. Vakansie: Baie van ons gemeentelede is in hierdie tyd op die paaie. Beskerm U hulle en seën die rus wat hulle geniet.
  3. Vloedskade in die Wes-Kaap: Ons bid vir hulle wat skade gely het endie wat afgesny is van hulp. Wees U met hulle en bewaar hulle in die tyd van nood.
  4. Dr. Kobus van Zyl en die Kerk met hulle sendingwerk in Suid-Soedan. Beskerm U asseblief die sendelinge en seën die werk wat hulle in die oorlog geteisterde gebied onder die bevolking en geestelike leiers doen.


DANKIE:

  1. Vir 'n huis en dat ons warm en gevoed kan gaan slaap.
  2. Vir vakansietyd: Dat U ook vir u kinders 'n tyd van rus gun. Seën U die rus, en waar baie in die natuur verkeer, maak hulle bewus van U skepping en teenwoordigheid.
  3. Vir mense wat die behoeftes van ander raaksien en hulp verleen.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023