BASAARLYSTE: WINTERKERMIS

Vanjaar het ons R300 000 begroot as basaarinkomste. Ons vertrou dat die Here op sy unieke manier sal voorsien om hierdie inkomste te kan insamel.
Ons winterkermis gaan soos in die afgelope 3 jaar slegs 'n kontant en vee basaar wees. Die basaarlyste is reeds per epos uitgestuur. Die lyste moet teen einde Junie 2023 ingehandig word. Kontak die kerkkantoor indien jy nog nie 'n basaarlys ontvang het nie.
Om die behoefte aan 'n lekker kuier en die atmosfeer van ‘n gewone kermis te ondervang, het ons goeie nuus: Ons bied op Saterdag 2 September 2023 'n beesloop (die kerkterrein word in blokke/kleims ingedeel. Die bees gaan dan wei en waar hy/sy 'n merk maak, word die wenner van die groot prys. BAIE kleiner pryse is ook te wen deur 'n drone wat sandsakkies gaan afgooi op die blokke).
Ons gaan heerlik saamkuier as gemeenskap.
Meer inligting sal later deurgegee word.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023