BEESLOOP 2 SEPTEMBER OM 10:00

Op Saterdag 2 September is Outeniqualand se eerste BEESLOOP dag! Dit word gehou op die kerkgronde (agter die kerk by die dam). Die veld word in blokke opgedeel en afgekamp volgens die hoeveelheid kaartjies wat verkoop is ('n blok kos R100). 'n Skaalmodel van die veld met al die blokke en nommers word op 'n rekenaar neergesit en blokke word geallokeer aan kaartjiehouers. Ons het 'n bees wat op die veld gaan rondloop om 'n bietjie te wei. Die blok waarop sy haar merk los, is die wenner en kan kies uit een van onderstaande 3 pryse. Daar is ook 'n tweede en derde prys beskikbaar.
Ons hoop om die pryse teen 12:00 te kan oorhandig:

  • Buffelsdrift Game Lodge akkommodasie 2 persone vir 1 nag (olifantvoer + wildsrit ingesluit)
  • 1 Bees (tollie)
  • 1 Skaaplam

Ons gaan ook met behulp van 'n drone 'n hele klomp sandsakkies op die blokke afgooi om gelukkige wenners aan te wys.

Kyk wat kan jy nog wen...

  • Arendsrus - 2 nagte vir 2 mense (mid-week)
  • Seeplaas - 1 nag (mid-week)
  • Owl's Inn Boutique Hotel - akkomodasie
  • OppiSpoor - 2 x R250 voucher
  • Geskenkbewyse van - Twin Trees, Ou Pastorie, Searles Village, My Beker Loop Oor, Rika Myburgh Skoonheidsalon, The Loft Haarsalon
  • Mimosa - 1 x R300 bouquet gemengde blomme
  • 1 Gehoortoets - Suzanne Fourie.



Ons het elke gesin in die gemeente se hulp dringend nodig.

Ons het kaartjies (hulle is gebind in boekies met 10 kaartjies elk) wat verkoop moet word. Ons wil groot asseblief vra of elke gesin nie wil probeer om 10 kaarjies te verkoop nie. Die boekies is by die kerkkantoor beskikbaar. Jy teken vir die boekie en bring later die geld en die boekie met binneblaaie nadat jy die kaartjies aan jou vriende/familie/bure ens. verkoop het.
Die skoolvakansie is 'n gulde geleentheid om kaartjies te verkoop.
Dit gaan 'n dag vol hope pret wees met lekker kuier om die braaivleis vure.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023