Erediens - 11 Junie 2023

 


Ons nooi jou uit na Sondag se 2 eredienste (let wel dat daar weens die baie reën nie 'n inrydiens sal wees om 09:30 nie).

  • 08:00 in die Kobus Hattinghsaal en
  • 09:30 in die kerk.

Kom drink lekker koffie saam met ons na afloop van die erediens in die kerksaal.
Karien het ons genooi om ietsie saam met die koffie te kom geniet om haar verjaarsdag van Maandag te vier.


VOLGENDE SONDAG

Kom sluit volgende Sondag by ons aan vir die erediens om 09:30 in die kerk.


DEUROFFER: OUTENIQUALAND DIENSGROEP VIR GETUIENIS

Outeniqualand se Diensgroep vir Getuienis staan onder leiding van Charles Robertson. Die span bestaan uit Ds Jan, Almero de Lange, Barry Robertson, Ben Klinck, Christo en Carin Coetzee, Christo Kruger, Dr. Kobus Hattingh, Henk Vosloo, Jaap van der Westhuizen, Johan Deysel, Kobus Faasen, Nikki Visagie en Merinda Duvenage. Hierdie diensgroep is verantwoordelik vir die uitdra van die Woord van Sinksabrug tot by Namibië en saam met die Diensgroep van Barmhartigheid die opbou van die gemeenskap.
Opwindende projekte waarby die Diensgroep betrokke is:
Bybels vir gr 7's (Graad 7's by Hoogekraal, Diepkloof en Van der Hoven kry elkeen 'n Bybel)/Stranddiensspan/Plase bediening/Diepkloof Kleuterskool/Degnos/Mighty Men/SOKKERDAG vir skole in ons area (9 September 2023) en meer.
Ons moedig jou aan om aan te sluit by ons span en te help dink aan nuwe idees waardeur ons ons lidmate en gemeenskap kan bedien.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023