Erediens - 18 Junie 2023


Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 9:30 in die kerk.
Ons verwelkom vir dr. Kobus van Zyl wat die Here se Woord sal bedien.
Daar is geen Vonkies nie.
As gevolg van die langnaweek sal daar hierdie Sondag geen koffie na die diens wees nie.


VOLGENDE SONDAG

Kom sluit volgende Sondag by ons aan vir die erediens om 09:30 in die kerk.


DEUROFFER: INSTITUUT VIR BLINDES

Innovation for the Blind bied aan meer as 350 sig- en meervoudige gestremde inwoners 'n heenkome en 'n tuiste. Hier ontvang hul versorging en terapie, maar ook die geleentheid om hul vaardighede te ontwikkel in 'n beskermde leef- en werksomgewing. Nie net skep dit vir hulle 'n gevoel van trots nie, maar ontwikkel ook hul menswaardigheid en selfvertroue. Ten spyte van uitdagings oor ons 142 jaar van bestaan, is ons organisasie steeds 'n straaltjie lig in die donker van ons siggestremde inwoners se uitdagende wêreld. Hierdie prestasie sou onmoontlik gewees het sonder die ondersteuning van geloofsvriende en vennote. U voorbidding word gevra vir die werk wat hier gedoen word.

http://www.innovationfortheblind.org

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023