Erediens - 25 Junie 2023


Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk.
Ons verwelkom vir ds. Almo Zietsman wat ons met die Woord sal bedien.
Daar is geen Vonkies in die vakansie nie.
Kom kuier saam na die diens, oor 'n lekker koppie koffie, in die saal.


VOLGENDE SONDAG

Kom sluit volgende Sondag by ons aan vir die erediens om 09:30 in die kerk.


DEUROFFER: RAMOT

'n Nuwe lewe, 'n Nuwe begin!
Ramot is 'n behandelingsentrum vir alkohol- en ander middel afhanklikheid en bestaan reeds vir 57 jaar. Gedurende hierdie tyd het meer as 210 000 mense met 'n afhanklikheidsprobleem direk of indirek hulp ontvang. Alkohol bly steeds die grootste probleem. Afhanklikheid (verslawing) beteken om oorgegee te wees aan 'n mag buite jouself met rampspoedige gevolge. Die persoon het geen hoop nie, en voel om verstaanbare redes nie welkom in die samelewing nie. Families is skaam vir die persoon en die wêreld verwerp hulle grootliks. Maar mag ons as Christene dieselfde doen?
Help ons asseblief om Chrisus se hande en voete te wees vir die afhanklikes. Elke pasiënt ontvang intensiewe persoonlike aandag. Die kerk kan trots wees op Ramot. Bid asseblief vir genade en wysheid om meer mense te help, teen bekostigbare pryse.

http://www.ramot.co.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023