02-07-2023 - 08-07-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Diepkloof Kleuterskool (Deuroffer): Ons bid vir leerders, ouers en onderwysers wat by die skool betrokke is. Seën U die werk wat gedoen word en sorg asseblief vir finansiële ondersteuning.
  2. Mensehandel wat besig is om in die RSA geweldig toe te neem. Ons bid dat die misdadigers aan die man gebring sal word en neem U asseblief die ontvoerdes onder U beskerming.
  3. Wêreldonrus. Vader ons bespeur onrus oor die hele wêreld en ook in ons mooi land. Ons bid dat gelowiges weer hulle oë op U sal vestig en begin getuig.
  4. Hulle wat kinders en familie het wat oorsee woon. Stil U die verlange en beskerm die wat ver woon.


DANKIE:

  1. U het reën gestuur en dit in oorvloed, selfs in droogte geteisterde gebiede. Dankie vir damme wat vol is en dat U op U tyd ons gebede verhoor het.
  2. Dat U ons paaie gelyk maak. Spreuke 3:6 "Ken Hom in wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop."
  3. Vir U troue liefde en die versekering in U Woord dat U ons nooit sal verlaat nie.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023