16-07-2023 - 22-07-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. FEBA RADIO (Deuroffer): Die radio- stasie bereik mense in afgesonderde gebiede. Ons bid dat die Woord ook deur die uitsendings, hulle sal bereik en dat hulle die Here sal ontmoet.
  2. Skole en ander opvoedkundige inrigtings open weer hierdie week. Ons bid dat U die leerlinge, studente en opvoeders sal seën. Rus U hulle toe vir die taak, sodat geestelike toerusting nie agterweë bly nie.
  3. Ekonomiese sabotasie: Vragmotors word aan die brand gesteek, wat groot ekonomiese skade veroorsaak. Tree U asseblief in en bring hulle wat agter die sabotasie sit tot besinning.
  4. Ons bid vir Kaptein Hensen en sy span by die Groot Brak Polisiestasie. Here verwyder U self al die struikelblokke en uitdagings wat hulle elke dag ervaar. Gee hulle krag, wysheid en hulpbronne om hulle werk voluit te kan doen. Dankie vir so 'n toegewyde span.


DANKIE:

  1. Die Kerk wat die nood en omstandighede in ons land raaksien en in Augustus 'n biddag beplan.
  2. Dat ons skuiling en veiligheid in U teenwoordigheid kan vind.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023