23-07-2023 - 29-07-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Nasionale dag vir blindes: Vader ons bid dat hierdie mense ook U genade sal vind tot 'n normale lewe met die middele tot hulle beskikking en dat ons deur gebede en finansiële ondersteuning 'n bydrae sal lewer om hulle nood te verlig.
  2. Helpende Hand (deuroffer): Die organisasie reik na behoeftige mense uit en verlig so die nood, ook in hierdie koue winter. Ons bid dat ons bydrae ook 'n verskil sal maak.
  3. Die Howe, Regters en Vervolgingsgesag: Die instansies verkeer onder geweldige druk. Help U hulle asseblief om nie te swig onder druk nie maar getrou te bly aan hulle amps-eed.
  4. Sakemanne en organisasies wat onbevrees standpunt inneem teen roekelose besluite van die Regering, omdat hulle 'n beter Suid-Afrika vir almal beoog.


DANKIE:

  1. Dat U ons omvou met U liefde.
  2. Dat ons U in die natuur raaksien; ook in die reën en koue. U weet wat die natuur nodig het.
  3. Dat U ons as U kinders in U diens wil gebruik. Maak ons gewillig en beskikbaar.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023