30-07-2023 - 05-08-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Diensgroep vir Barmhartigheid (Deuroffer): Vader rus asseblief hierdie diensgroep toe met middele en die vermoë om die nood raak te sien en verligting te bring.
  2. Wêreld Rampe: Ons lees en hoor daagliks van ongekende hitte en oorstromings en sien hoe natuurrampe die aarde teister. Help ons asseblief om die nood raak te sien en die aarde te koester en ons verantwoordelikheid teenoor U skepping na te kom.
  3. Voorbereiding vir volgende jaar se Algemene Verkiesing: Ons bid nou reeds dat die verkiesing eerlik en vreedsaam sal verloop en dat ons U wil in die uitslag sal erken.
  4. Ons gemeente: Ons bid dat "Ontdek jou plek" kursus van volgende maand goed ondersteun sal word en vir die gemeente tot seën sal wees. Rus U asseblief Ds. Jan toe om die kursus tot U eer en uitbreiding van U koninkryk aan te bied.


DANKIE:

  1. Vir 'n gemeente waar ons geestelik gestimuleer word.
  2. Vir die baie gedeeltes in U Woord waaraan ons kan vashou in tye van siekte, beproewing en nood.
  3. Vir hulle wat deur die eeue geestelike musiek gekomponeer en bewoord het.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023