DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL

Baie dankie aan elkeen wat verlede Sondag met die Deuroffers 'n bydrae gemaak het tot die skool. Ons het met dié geld verf gekoop en bepaln om DINSDAG 18 JULIE, tydens Mandeladag, al die buitebande op die speelterrein 'n nuwe laag helder verf te gee. Elkeen wat voel dat hul op só 'n manier hul deel wil kom bydra is welkom om te kom help - bring net jou eie verfkwas saam! Ons gaan so van 10 uur af daar wees om net die kinders kans te gee om weer rustig te raak op die eerste skooldag en vir die sonnetjie om bietjie uit te kom. Ons planne is natuurlik onderhewig aan die weerstoestande!

Vriendelike groete
Bernice van Rooyen


 

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023