Erediens - 09 Julie 2023


Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk.
Ons is dankbaar vir ds. Basie Fourie wat ons met die Woord sal bedien.
Daar is geen Vonkies in die vakansie nie.
Kom kuier saam na die diens, oor 'n lekker koppie koffie, in die saal.

DRINGENDE KENNISGEWING: Daar sal Sondag geen erediens in die Kobus Hattinghsaal wees nie!

As gevolg van die nuwe vlaag koue en reën wat ons die naweek tref en aanhou tot Sondagaand sal daar geen diens by die Kobus Hattinghsaal wees nie. Daar sal slegs 1 diens om 09:30 in die kerk wees.


VOLGENDE SONDAG

Kom sluit volgende Sondag by ons aan vir die erediens om 09:30 in die kerk.


DEUROFFER: Zimbabwe, Malawi, Mosambiek

Die NG Kerk het in 1891 met werk in die suide van Zimbabwe begin. Ons ondersteun veral teologiese opleiding, mediese dienste by hospitale en klinieke asook literatuurontwikkeling. By die Kweekskool op Morgenster doen dosente kosbare werk.
Lees meer by http://getuienis.christians.co.za/rcz-reformed-church-in-zimbabwe

Die werk in Malawi het in 1889 begin. In vennootskap met CCAP ondersteun die NG Kerkfamilie tans die voortgesette teologiese opleiding, mediese dienste, verpleging, die omgewingsdepartement wat boomplanting bevorder, weeshuise vir vigswesies en jeugwerk.
Lees meer by http://getuienis.christians.co.za/ccap

Die werk in Mosambiek (1908-1923; 1973-1980 en weer vanaf 1991) is telkens onderbreek deur regeringsteenkanting en burgeroorlog. Daar is vandag 8 000 lidmate en 86 predikante in die IRM (Igreja Reformada em Mozambique). HEFSIBA, 'n Christelike Hoër Onderwys-instituut op Vila Ulongue bied verskeie grade en diplomas in Teologie, Ekonomie, Regsgeleerdheid en Sielkunde.
Lees meer by http://getuienis.christians.co.za/irm-igreja-reformada-em-mozambique

Webwerf: http://getuienis.christians.co.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023