Erediens - 16 Julie 2023


Ons nooi jou uit na Sondag se eredienste om 09:30 in die kerk.
Ons is dankbaar vir ds. Basie Fourie wat ons met die Woord sal bedien.
Kom kuier saam na die diens, oor 'n lekker koppie koffie, in die saal.
Volgende week begin die Vonkies weer met hulle aktiwiteite.
Skole en van die Universiteite heropen 18 Julie. Sterkte vir al ons Vonkies, jongmense en onderwysers met die kwartaal wat voorlê!


VOLGENDE SONDAG

Kom sluit volgende Sondag by ons aan vir die erediens om 09:30 in die kerk.


DEUROFFER: FEBA

Ons bediening in Mosambiek het aanvanklik met slegs 1 radiostasie begin. Dit het nou uitgebrei na die distrikte van Zambezia, Sofala en Gaza.
Radio FEBA ondersteun tans 7 stasies in Mosambiek: ZFM Zambezia, Impact, Voice of Hope, Sofala, Radio Nuru, Radio FOT en Radio Chiuanjota. Voice of Hope en Impact werk spesifiek met persone wat deur terreuraanvalle of natuurrampe ontneem is.
Die jihadiste-aanvalle in 2019 het 'n ingrypende getuienis opgelewer. Tydens die aanvalle is duisende huise geplunder en tot op die grond afgebrand in Macomia, waar Radio Nuru geleë is. Radio Nuru, wat "Lig" of "Shining Star" beteken, het voortgegaan om uit te saai terwyl die jihadiste die dorpie binnegeval het. Soldate is deur SAOG aangewys om die gebied te beskerm.
Ons span het die evangelie met die soldate gedeel en vir hulle radio's gegee.
Terwyl hulle geluister het, het hulle 'n lering gehoor oor "wedergebore" en die beskerming wat daarmee gepaard gaan. Een van die soldate het ons stasiebestuurder genader en vir 'n Bybel gevra. Na slegs 'n paar dae het die hele groep soldate Christus as hulle Here en Verlosser aangeneem. 'n Paar van die soldate het hul getuienis op die radio begin deel wat gelei het tot die redding van duisende luisteraars in die mees afgeleë gebiede.
Dankie vir julle getroue en lojale ondersteuning. Dit help ons om die bediening in Mosambiek uit te brei. Dit lei tot duisende luisteraars in die mees afgeleë gebiede wat tot bekering kom.

http://www.febaradio.co.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023