Erediens - 23 Julie 2023


Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk.
Ds. Jan is terug van sy Sabbatsverlof en ons is baie dankbaar dat die Here vir Jan, Karien, Melani en Henk veilig gehou het op al die vêr paaie wat hulle gery het (en dat hulle die koue van die Kalahari en Oos-Kaap oorleef het).
Kom kuier saam in die saal na die diens met 'n lekker koppie warm koffie.
Sondag begin die Vonkies weer met hulle aktiwiteite en ons wil báie dankie sê vir die span wat betrokke is by ons Vonkies en jongmense.


VOLGENDE SONDAG

Kom sluit volgende Sondag by ons aan vir die erediens om 09:30 in die kerk.


DEUROFFER: HELPENDE HAND

Solidariteit Helpende Hand se roeping is gemeenskapsontwikkeling. Dit is wat ons wil doen, moet doen en ons mee besig hou. Ons dink verbondsmagtig, met ander woorde, mense is verbonde aan mekaar. Ons het 'n verantwoordelikheid teenoor mekaar en teenoor die gemeenskap. Ons leef binne 'n gemeenskap en wil die gemeenskap ontwikkel waarbinne ons leef.
Ons is geskoei op die beginsel van die 1949 Afrikaner Helpmekaarbeweging waar die fokus val op "help", "saam" en "ons". Jy is nie alleen nie, maar deel van 'n gemeenskap. Om 'n gemeenskap te ontwikkel en die uitdagings van die dag aan te spreek moet 'n mens strukture bou en volhoubare oplossings bied.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023