Gesinsdiens - 30 Julie 2023


Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk.
Ons het 'n Gesinsdiens met Bart (ons geliefde handpop) wat weer kom kuier.
Ons tema is: Wie eet nog saam?
Kom kuier saam in die saal na die diens met 'n lekker koppie warm koffie.
Handleidings sal vanoggend na afloop van die diens beskikbaar wees @ R50 per handleiding.


VOLGENDE SONDAG

Kom sluit volgende Sondag by ons aan vir die erediens om 09:30 in die kerk.
Dis die afskop van ons 7 weke aan tafel saam met Jesus.
Die ritme van die reeks daag ons uit om op 'n paar vlakke betrokke te wees:

  • Sondae se eredienste om 09:30
  • Persoonlike stiltetyd en gebed
  • Kleingroepe


Moenie hierdie groeigeleentheid mis nie.
Ons gaan ontdek watter wonderlike ontmoetings Jesus met mense gehad het terwyl hulle saam geëet het.


DEUROFFER: DIENSGROEP VIR BARMHARTIGHEID

Liewe Outeniqualand, die Diensgroep vir Barmhartigheid is stilweg besig met 'n klomp projekte, waarvan sommige al afgehandel is en ander nog voorlê. Ons het ook nouer hande gevat met die Diensgroep vir Getuienisaksies, aangesien die twee bene eintlik hand aan hand loop. Al die gewillige hande en harte help ons om ander tot seën te wees en iets van Vader se guns te deel.
Enige lidmaat is welkom om moue op te rol en deel te word van die Diensgroep vir Barmhartigheid span, as dit is wat Vader op jou hart lê. Die span bestaan op die oomblik uit: Nikki Visagie, Sandra de Wet, Nicky Deysel, Elzabeth de Wit, Elsa Hendrikz, Ilana Nortje, Lorraine Fourie, Petru Wolmerans, Merinda Duvenage, Mariaan Uys, Annette Richter, Henriëtte Bothma en ds. Jan.

'n Baie belangrike nuwe "been" van ons Barmhartigheid is die moontlikheid om terapie/ouerleiding/finansiële en emosionele leiding aan behoeftiges te bied.
Vader het ons met die nodige professionele persone geseën, en ons is tans besig om gesinne te ondersteun met hierdie "diens".
Kontak gerus vir Nikki Visagie of die kerkkantoor indien jy meer wil weet of bystand van watter aard ookal wil verleen. Dit maak 'n verskil as ons " meer van onsself" gee.

Groete en seën.
Nikki Visagie

Kombersprojek wat sopas afgehandel is, waar Outeniqualand 'n verskil gemaak het deur vir kinders uit al 3 Laerskole in die omgewing komberse te voorsien vir die koue winter waarin ons is.



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023