06-08-2023 - 12-08-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. DEGNOS (Deuroffer): Vader ons bid vir Andries en Tracy en hulle span in Namibië en die geestelike werk wat onder die Boesmans gedoen word. Seën U asseblief die projek.
  2. Groepleiers: "7 weke aan tafel saam met JESUS". Seën U die projek, elke lidmaat wat deelneem en die groepleiers.
  3. Nuwe lidmate in ons gemeente: Ons bid dat hulle hier in ons gemeente 'n geestelike tuiste sal vind en dat ons hulle met die liefde van Christus sal laat welkom voel.
  4. Hulle wat kronies siek is: Laat hulle nooit aan u genade, liefde en ontferming twyfel nie.



DANKIE:

  1. Vir 'n groeiende gemeente en dat U hand sigbaar in ons gemeente is.
  2. Vir middele tot ons beskikking om in 'n koue winter warm te bly.
  3. Dat te midde van ontstellende politieke en ekonomiese gebeure en uitsprake ons steeds die versekering het dat U alleen ons toekoms bepaal.
  4. Vrouemaand: Dankie vir die rol wat vroue in die kerk, samelewing en huis speel.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023