13-08-2023 - 19-08-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. SAAWE (Deuroffer): Hierdie Organisasie mobiliseer die kerk in Suid-Afrika en die wêreld om om dissipels van Christus te wees. Ons bid vir hulle werk en dat U hulle werk sal seën.
  2. Die Taxi-stakings in die Kaap. Hierdie stakings lei tot grootskaalse geweld en ontwrigting van skole en die ekonomie. Vader ons bid dat U sal help om kalmte by onderhandelaars te bring en dat redelikheid sal seëvier.
  3. Onrus op kampusse: Ons kinders en kleinkinders word benadeel deur die sluiting van kampusse. Ons bid dat die probleem opgelos sal word en dat daar respek sal wees vir eiendom en die regte van hulle wat wil studeer.
  4. Gemeente kursus: "7 weke aan tafel saam met Jesus". Dankie Vader dat ons saam met U aan tafel kan sit en om U wil te soek. Seën U ons kursus.



DANKIE:

  1. Vir gelowige vroue wat bereid is om leiding te neem en 'n verskil in gemeentes te maak.
  2. Vir hulle wat betrokke is by ons Vonkies. Die kindertjies is die toekoms van die kerk. Seën die werk wat hier gedoen word.
  3. Vir gelowiges wat 'n verskil in die wêreld maak, in 'n tyd van onrus, oorlog en natuurrampe.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023