20-08-2023 - 26-08-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Teologiese Kweekskool (Deuroffer): Ons bid dat U Woord steeds sentraal sal wees in die Teologiese opleiding en dat die wat waarlik geroepe is hulle as predikante sal bekwaam.
  2. 7 Weke aan tafel saam met Jesus: Vader wat 'n voorreg om saam met U aan tafel te sit en van U te kan leer.
  3. Musiekbediening: Dankie vir hulle wat hulle talente tot die gemeente se beskikking stel en dat ons deur sang en musiek U teenwoordigheid kan ervaar.
  4. Ouers en opvoeders wat kinders met probleme moet hanteer. Gee U asb. vir hulle leiding en lig. Neem U beheer van die kinders se wil en emosies.



DANKIE:

  1. Vir 'n normale samelewing waarvan ons deel kan wees. Maar ons bid vir hulle wat daagliks in vrees moet lewe.
  2. Vir toegewyde administratiewe personeel wat sorg vir ons kerk se administrasie, asook die wat sorg dat ons terrein en geboue netjies is.
  3. Vir gebed: Gebed is ons direkte kontak met U. Dankie vir hierdie lewenslyn wat U aan ons gee.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023