27-08-2023 - 02-09-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Zimbabwe verkiesing: Vader waar daar twyfel bestaan of die verkiesing vry en regverdig was, bid ons vir ons Buurland, vir die herstel van lewensomstandighede. Die werkloosheid is 90%, die inflasiekoers 86%. Hulle het ons voorbidding dringend nodig.
  2. Koalisie-politiek: Ons bid dat die pas gevormde koalisie in ons land ook Christelike waardes sal beklemtoon en U seën sal ontvang.
  3. BRICS: Die beraad kan ook vir ons land ekonomiese voordele inhou. Ons bid egter dat Christene ook hulle stem sal laat hoor.
  4. Hospitaalbearbeiding (Deuroffer): Dit is belangrik dat siekes en verpleegpersoneel in hospitale met U Woord bearbei sal word. Seën asseblief hulle wat geestelik by hospitale betrokke is.



DANKIE:

  1. Vir Nagmaal: Die Nagmaal is ook 'n Dankbaarheidsmaal. Dankie Vader dat ons ook saam met U aan die tafel kan aansit.
  2. 7 Weke saam met Jesus: Ons is reeds 3 weke saam met U aan tafel. Dankie dat U in dié tyd ons geloof en insig kon versterk.
  3. Vir HOOP: In 'n tyd van onsekerheid is U ons enigste HOOP. Dankie Here!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023