BEESLOOP - 2 SEPTEMBER OM 10:00

Ons deel Sondag weer die inligtingspamflet uit. Ons hoop om die pryse teen 12:00 te kan oorhandig.

  • Buffelsdrift Game Lodge akkommodasie (2 persone vir 1 nag (olifantvoer + wildsrit ingesl)
  • 1 Bees (tollie)
  • 1 Skaaplam


Ons gaan ook met behulp van 'n drone 'n hele klomp sandsakkies op die blokke afgooi om gelukkige wenners aan te wys.

Kyk wat kan jy nog alles kan wen...

  • Arendsrus - 2 nagte vir 2 mense (mid-week)
  • Seeplaas - 1 nag (mid-week)
  • Owl's Inn Boutique Hotel - akkomodasie
  • OppiSpoor - 2 x R250 voucher


Geskenkbewyse van:

  • Twin Trees
  • Ou Pastorie
  • Searles Village
  • My Beker Loop Oor
  • Rika Myburgh Skoonheidsalon
  • The Loft Haarsalon
  • Mimosa - 1 x R300 bouquet gemengde blomme
  • 1 Gehoortoets - Suzanne Fourie
  • 2-bal by Kingswood gholfbaan.


Ons het elke gesin in die gemeente se hulp dringend nodig.
Ons het kaartjies (hulle is gebind in boekies met 10 kaartjies elk) wat verkoop moet word. Ons wil groot asseblief vra of elke gesin nie wil probeer om 10 kaartjies te verkoop nie. Die boekies is by die kerkkantoor beskikbaar. Jy teken vir die boekie en bring later die geld en die boekie met binneblaaie nadat jy die kaartjies aan jou vriende/familie/bure ens. verkoop het.

Dit gaan 'n dag vol hope pret wees met lekker kuier om die braaivleis vure.
Die Beesloop van 2 Sep is 'n gemeenteprojek om die kuier en saamwees wat verlore geraak het met ons Winter vleisbasaar (wat nie meer plaasvind nie), te ondervang.
Die hoofbron van inkomste van die Beesloop, is deur die verkoop van die kaartjies. Die stalletjies wat gaan bydrae tot die atmosfeer, is primêr gerig op die gasvrye ontvang van die besoekers. Ons wil nie ons lidmate belas met nog kos en ander bydraes wat gevra word nie. Daarom het ons sekere stalletjies uitgegee vir buite mense soos: Koffie, Chipstix, Roomys, Slushpuppies, Springkastele, Boeremusiekorkes.

Ons benodig sameroepers en gewillige hande vir die volgende stalletjies wat nog kort (die kerkraad die bestanddele vir die produkte voorsien):

  • Tee/Water/Koeldrank
  • Hamburgers/sliders
  • Hot Dogs
  • Pannekoek

Na die dag gaan ons as gemeente heerlik saamkuier met 'n bring&braai.
Braaidromme met kole en tafels sal voorsien word.
Dankie vir elkeen se hulp en goeie gesindheid.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023