Erediens - 06 Augustus 2023


Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk en die begin van ons 7 weke aan tafel saam met JESUS.
As jy nog nie 'n handleiding het nie, kan jy een kom kry by die kerkkantoor @ R50 per boek.
Kom kuier saam in die saal na die diens met 'n lekker koppie warm koffie.


VOLGENDE SONDAG

Kom sluit volgende Sondag by ons aan vir die erediens om 09:30 in die kerk.
As gevolg van ons 7 weke aan tafel met JESUS kursus is geen diens by die Kobus Hattinghsaal nie.


DEUROFFER: DEGNOS (Bediening onder die Boesmans)

Outeniqualand het 'n jare lange verbintenis tot die DEGNOS bediening vir Boesmans. Verlede jaar die 13de Augustus, het lede van die Diensgroep vir Getuienis en lidmate van Outeniqualand hulle besoek en klere, skryfbehoeftes, sokkerballe en lekkers vir hulle gevat en ook die personeel en vir Andries en Tracy gaan bemoedig en versterk vir hulle werk.
Doen gerus die moeite en lees die aangehegte Nuusbrief van DEGNOS. Daar is baie interessante inligting in die Nuusbrief.
Andries en Tracy Gous

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023