Erediens - 13 Augustus 2023


Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk en die week 2 van ons 7 weke aan tafel saam met JESUS.
As jy nog nie 'n handleiding het nie, kan jy een kom kry by die kerkkantoor @ R50 per boek.
As gevolg van ons 7 weke reeks is daar Sondag geen diens by die Kobus Hattingh-saal nie.
Kom kuier saam in die saal na die diens met 'n lekker koppie warm koffie.



VOLGENDE SONDAG

Kom sluit volgende Sondag om 09:30 by ons aan vir Week 3 van ons reeks.


DEUROFFER: SAAWE

Die deuroffer gaan vir Gerrie en Arlene Coetzee van die Suid-Afrikaanse Aksie vir Wêreldevangelisasie (SAAWE). Hulle is 'n sendelingpaar wat deur NG Gemeente George-Bergsig uitgestuur is en deur die gemeentes van die Ring van George asook individue finansieel ondersteun word. Hulle is aanvanklik uitgestuur vir Sending Portugal. Na baie jare se vrugbare werk is hierdie sending-projek deur o.a. die regering in die wiele gery. Kort daarna het Gerrie en Arlene teruggekeer na Suid-Afrika en hulle sendingwerk voortgesit by die SAAWE. Hulle Nuusbrief met meer inligting oor hulle sendingwerk word aangeheg by die Familienuus. Lees dit gerus.


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023