Erediens - 20 Augustus 2023


Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk.
Ons is by week 3 van ons 7 weke aan tafel saam met JESUS.
As jy nog nie 'n handleiding het nie, kan jy een kom kry by die kerkkantoor @ R50 per boek.
Kom kuier saam in die saal na die diens met 'n lekker warm koppie koffie.


VOLGENDE SONDAG

Kom sluit volgende Sondag om 09:30 by ons aan vir Nagmaal en Week 4 van ons reeks. Die nagmaalsete is uitgeskuif na 17 September wanneer ons die einde van ons 7 weke reis gaan vier deur almal heerlik saam te eet. Daar sal wel na kerk lekker koffie, tee en hot chocolate in die saal wees soos gewoonlik.


DEUROFFER: TEOLOGIESE KWEEKSKOOL

Die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch bied onder andere opleiding vir studente van verskillende kerke met die oog om die bediening as predikante en jeugwerkers. Die uitdrukking Teologiese Kweekskool dui op daardie afdeling/skool in die Fakulteit Teologie van die Universiteit wat predikante vir die bediening in die NG Kerk oplei. Predikante van die NG Kerk-familie word sedert 1859 hier opgelei. U voorbidding vir beide die bedienings- en akademiese vorming van al die studente, die Dekaan, dosente en al die personeel word gevra.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023