Nagmaal - 27 Augustus 2023


Ons nooi jou uit na Sondag se Nagmaal om 09:30 in die kerk.
Ons is by week 4 van ons 7 weke aan tafel saam met JESUS.
As jy nog nie 'n handleiding het nie, kan jy een kom kry by die kerkkantoor @ R50 per boek.
Ons tema van Sondag is: Save the date!
Ons Skriflesing kom uit Lukas 14:15-24.
Kom kuier saam in die saal na die diens met 'n lekker warm koppie koffie.
Die nagmaalsete is uitgeskuif na 17 September wanneer ons die einde van ons 7 weke reis gaan vier deur almal heerlik saam te eet.


VOLGENDE SONDAG

Kom sluit volgende Sondag om 09:30 by ons aan vir Week 5 van ons reeks.
Daar sal na kerk lekker koffie, tee en hot chocolate in die saal wees.


DEUROFFER: HOSPITAALBEARBEIDING

'n Samewerkingsooreenkoms is met HospiVision, 'n nie-regeringsorganisasie, gesluit wat sedert 1999 in die hospitale leiding neem in die spirituele en emosionele versorging van pasiënte, hulle families en personeel. Indien pasiënte vanaf die platteland pastorale ondersteuning benodig in hospitale binne die Kaapse Metropool, moet HospiVision gekontak word. Die diensgroep Diaconia het die webwerf (http://www.myhulp.co.za) ontwikkel om inligting te voorsien waar hulp oor 'n aantal onderwerpe rakende geestesgesondheid gevind kan word.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023