03-09-2023 - 09-09-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Landbou: Vader ons boere is vir ons kosbaar, daarom bid ons vir hulle veiligheid, en U seën op hulle arbeid.
  2. Ekonomie: As gevolg van wanbestuur en staatskaping is ons ekonomie in 'n baie slegte toestand, maar dankie dat ons volkome op U kan vertrou om die ekonomie weer te herstel.
  3. Instituut vir Dowes (Deuroffer): Ons bid vir hierdie mense in ons same-lewing. Versorg U hulle geestelik, maar stel ook middele tot hulle beskikking en help ons om hulle met deernis te behandel.
  4. 7 Weke saam met Jesus: Ons is reeds 4 weke saam met U aan tafel. Dankie vir die voorreg om ook verlede Sondag saam met U aan die Nagmaalstafel te kon aansit.
  5. Sokkerdag: Ons bid dat die dag geseën sal wees en die kinders ons gemeente se omgee sal aanvoel.



DANKIE:

  1. Vir ons plaaslike Munisipaliteit wat nog getrou aan ons dienste lewer.
  2. Vir die tekens in die natuur dat die seisoen besig is om te verander.
  3. Vir gelowiges wat 'n verskil in minder bevoorregtes se lewens maak.
  4. Vir ons Buurtwag, Plaaswag en Polisie wat oor ons veiligheid waak. Waak U asseblief oor hulle en ons.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023