10-09-2023 - 16-09-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Predikantebegeleiding (deuroffer): Ons bid vir hulle wat die predikante begelei, maar ook vir hulle wat begeleiding ontvang. Mag hierdie diens van die kerk tot geestelike groei in gemeentes lei.
  2. 7 Weke aan tafel saam met Jesus: Vader wat 'n voorreg om U teenwoordigheid op so 'n besondere wyse te ervaar.
  3. Brande: groot dele van ons land word deur brande geteister, asook die gebou in Johannesburg wat tot lewensverlies gelei het. Vader vertroos U die naasbestaan- des. Ons bid ook vir boere wat baie skade gely het. Wees U daar om te bemoedig en te versorg.
  4. Betogings gepaard met geweld en skade het deel van ons samelewing geword. Ons bid vir leiers van groepe, om ander oplossings te soek om besware op te los.



DANKIE:

  1. Vir die Bybel wat vanjaar 90 jaar oud is. Vir 90 jaar is dit in gelowiges se huise 'n bron van hoop en geloofsekerheid. Dankie vir hulle wat onder leiding van U Gees U Woord vertaal.
  2. Vir lidmate wat die behoefte het om weekliks in klein groepies bymekaar te kom en so ook U teenwoordigheid te ervaar.
  3. Vir die sukses van die BEESLOOP. U het ons ook met hierdie sosiale bymekaarkom geseën met U teenwoordigheid.
  4. Vir die Tegnologie, wat afstande oorbrug en help om die verlange van familie en vriende te stil.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023