17-09-2023 - 23-09-2023 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Studentebearbeiding (Deuroffer): Ons bid vir die geestelike werk wat op kampusse gedoen word, asook vir studenteleiers en Christelike verenigings.
  2. 7 weke aan tafel met Jesus: Ons is in ons laaste week en dank U vir elke geleentheid en gedagte wat tot U eer gespreek is. Wat 'n voorreg!
  3. Vooroordele: Vader ons het soveel vooroordele. Open U asseblief ons oë om soos U na ander te kyk en tot diens te wees.
  4. Vloede in Libië en die aardbewing in Marokko: Hierdie natuurrampe het die lewens van duisende mense geëis. Ons bid vir hulle wat geliefdes verloor het maar ook vir hulle wat al hulle besittings verloor het. Wees U ook met hulle wat reddingswerk doen en hulle wat kos en klere voorsien.



DANKIE:

  1. Vir my genadige uitverkiesing, verlossing en versekering van die ewige lewe. Gebruik my om dit sinvol uit te lewe.
  2. Vir U genade wat elke dag nuut is.
  3. Dat U ons nooit in die steek laat nie. Heb. 13:5 "God self het gesê: Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie."

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023