Erediens - 01 Oktober 2023


Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk.
Dit is ds. Jan se afnaweek en ds. Basie gaan ons met die Woord bedien.
Kom kuier saam in die saal na die diens met 'n lekker koppie koffie.
Daar is geen Vonkies tot die skole weer open op 10 Oktober.
Ons wens ons Vonkies en hulle ouers 'n heerlike rustyd toe.
Veilige reis vir die wat bietjie weggaan vir die vakansie.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na ons twee eredienste: 08:00 by die Kobus Hattinghsaal en 09:30 in die Kerkgebou.
Kom drink lekker koffie/tee in die saal na die kerk erediens.


ARGIEF WERKSWINKEL

Ds. Jan en Merinda is Dinsdagoggend by 'n Sinodale Argief werkswinkel wat by Moedergemeente aangebied word vir die gemeentes van ons Ring.
Lorraine sal Dinsdagoggend die kerkkantoor beman.


DEUROFFER: CLF (Christelike Lektuur Fonds)

Die Christelike Lektuur Fonds (CLF) is in 1957 gestig met die doel om die evangelie van Jesus Christus deur middel van Christelike materiaal in Afrikatale, maar ook in Afrikaans en Engels, te versprei en skrywers te bemagtig.
CLF se MISIE: Die boodskap van die Bybel aan almal deur gratis en bekostigbare Christelike materiaal - gedrukte en elektroniese produkte in 'n verskeidenheid tale met die oog op geloofsvorming en toerusting.
CLF werk in vennootskap met 'n verskeidenheid kerke en bedieninge. CLF befonds publikasies en dienste en is afhanklik van die bydraes van donateurs.
CLF stel pamflette en bedieningsmateriaal in verskeie tale vir bediening in en van gemeentes van die NG Kerk familie en ander kerke beskikbaar.
Die literatuur word gratis of uiters bekostigbaar uitgegee, versprei en aan die breër kerk van Christus beskikbaar gemaak.
Webwerf: http://www.clf.co.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023