Erediens - 10 September 2023


Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die kerk.
Ons is by week 6 van ons 7 weke aan tafel saam met JESUS.
Andries en Toetie Schutte doop hulle seuntjie, Evert Gerhard Johannes de Graaff Schutte.
Kom kuier saam in die saal na die diens met 'n lekker warm koppie koffie.
Daar sal Sondag geen diens in die Kobus Hattinghsaal wees nie.


VOLGENDE SONDAG

Volgende Sondag om 09:30 sluit ons die reeks af met Nagmaal en vanaf 11:30 'n Nagmaalsete in die Kobus Hattinghsaal.
By die Nagmaalsete bring elke gesin 2 bykosse (groente en slaai), 'n vleisgereg en 'n nagereg en kom kuier lekker saam.
Die kosse word alles op een tafel uitgepak en elkeen help homself met die opskep.
Bring asseblief jou eie eetgerei en drankies.


DEUROFFER: PREDIKANTEBEGELEIDING

Dominees skryf agter hulle naam VDM - Verbi Divini Minister. Hulle is bedienaars van die Goddelike Woord. Oor hulle drumpels stap dié met aansien maar ook dié waarop neergesien word. Hulle bediening getuig van hartsake en kerksake en ringsake, van hartseer en twyfel en verslaentheid en rou. Hulle tree op as vredemakers en arbiters en fasiliteerders en troosters. Op Sondag staan hierdie manne en vroue voor U en sê: "So sê die Here." Deur die taakspan Predikantebegeleiding, wat deel is van die diensgroep Gemeentebegeleiding, lewer ons Sinode 'n omvattende ondersteunings- en bedieningsprogram aan al die leraars van ons kerk. 'n Program wat daarop fokus om dominees hulle bekwaamhede te laat ontwikkel en persoonsgroei stimuleer maar 'n program wat hulle ook verbonde hou aan hul Bron. U offer vandag ondersteun hierdie program en daarvoor word dankbare erkenning gegee.
Webwerf: https://communitas.co.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023